Mikael Sehoel

Mikael Sehoel (Tigrinya vir "Mikael die Slimme" – sy geboortenaam was Blatta Mikael; omstreeks 1692-1784), was ’n adellike wat 25 jaar lank as regent oor Ethiopië regeer het tydens die bewind van ’n paar swak keisers. Hy het vir 'n ruk ’n einde gemaak aan die antieke Salomoniese Dinastie. Hy was ook ’n Ras (goewerneur) van Tigray van 1748 tot '71 en weer 1772 tot met sy dood. Hy was ’n belangrike politieke figuur tydens die bewind van keiser Josua II en sy opvolgers.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search